Klein Volkieland

Klein Volkieland is ‘n Departementele Kleuterskool wat gerieflik op Laer Volkskool se terrein gevestig is.   Ons personeel is gekwalifiseerd en ons bied ‘n ryk kurrikulum waar maats se vaardighede ontwikkel word.

Robotica is deel van ons weeklikse aktiwiteite en Playball word gratis vir ons leerders aangebied. 

By Klein Volkieland glo ons dat leer die beste gebeur deur speel.  Ons lê boustene om elke kind te begelei om sy volle potensiaal te bereik en gereed te maak vir die volgende fases van onderrig. Elke kind se uniekheid word gekoester en ons droom saam groot drome.

Hier hardloop kinders kaalvoet, speel vrylik, lag en groei in ‘n veilige en liefdevolle omgewing.