Ons mediasentrum is ’n lewende ruimte van ontdekking, leesplesier en leer.
Met groot opgewondenheid neem leerders boeke uit en ontwikkel ’n liefde vir lees. Tydens Medialees , lees leerders hul gunsteling storieboeke, luister soms na voorlesings en deel dit wat hulle gelees het met hul maats. Stories word visueel uitgebeeld of in kort boekverslaggies vasgevang.
Rustige agtergrondmusiek skep ’n kalm en uitnodigende atmosfeer waar leerders kan fokus en dit geniet. Gereelde boekuitstallings en toegang tot navorsingsmateriaal maak die mediasentrum ’n inspirerende leeromgewing.
Mediatye:
Indien daar ouers is wat graag ’n skenking in die vorm van boeke wil maak, word u hartlik uitgenooi om my te kontak.
Juf. Annatjie Griesel