Rugby is ‘n spansport wat jou leer van spangees, dissipline, reëls en sosialisering. Ons glo dat alle span sporte en dan spesifiek Rugby, ‘n belangrike rol speel in die vorming van kinders.
By Volkies speel ons rugby omdat:
0/9 – Mnr. Tiaan + Oom DeMan
0/10 – Mnr. Piet + Ds. Danie + Oom Neetling.
0/11 – Mnr. Lardus + Oom Jo
3des – Mnr. Cassie + Oom Nico
2des – Mnr. Jaco + Mnr. Junior
1stes – Mnr. Stiaan + Mnr. Louwtjie
Rugby Organiseerder:
Lardus Badenhorst
Die speler moet in sy ouderdomsgroep speel ongeag sy graad. As hy bv. 9 jaar oud word in 2026 en hy is nog in graad 2, moet hy saam met die onder 9s speel wat spelers is in graad 3.
Ons doen ons bes om die heel beste beskikbare afrigters vir ons kinders te kry en hulle op te lei en te ondersteun om hulle liefde vir rugby aan ons kinders oor te dra. Al ons afrigters is Bok-Smart gekwalifiseer en ons poog om ons kinders effektief af te rig en ook te vorm vir die lewe.
Die Volkie afrigters is toegewyd om hul kennis van rugby aan elke rugbyspeler by die Volkies oor te dra, om elke speler se vaardighede, tegnieke te ontwikkel, om sinvolle en genotvolle afrigtingsessies aan te bied.
Ons afrigters dra die belange van elke speler op die hart en ons maak graag staat op ons ouers om die afrigters se integriteit, ondervinding en professionele benadering ten opsigte van hulle spanne te respekteer.
U seun speel rugby, nie u as ouer nie – Respekteer sy individualiteit, ontwikkeling, sy vermoë om in ‘n span te speel, waar hy dit kan geniet, en waar hy voel hy maak ‘n sinvolle bydra sonder om bloot gestel te word aan onnodige druk. Sodoende sal u seun ‘n beter kans hê om net ‘n kind te wees, sy rugby te geniet en sy eie potensiaal te ontwikkel. Hierdie geleentheid behoort aan u seun geleentheid te gee om ervaring op te doen waaruit hy vir die res van sy lewe kan put.