KULTUUR

Visie

Ons visie is om elke leerder bekend te stel aan die ryke kultuurverskeidenheid van ons land, respek en waardering vir ander kulture aan te kweek en stewig gewortel te wees in die kultuur eie aan onsself.

Missie

Dit is noodsaaklik dat kultuur, akademie en sport gelykwaardige ruimte en tyd gegun word ten einde gebalanseerde leerders op te voed. Leerders word blootgestel aan ‘n wye spektrum van kultuuraktiwiteite en leer daardeur liefde vir die kunste, deursettingsvermoë, selfdissipline en ‘n gebalanseerde persoonlikheid aan. Ons strewe daarna dat elke leerder ook sy/haar volle potensiaal op kultuurgebied sal bereik.

Kultuuraktiwiteite

Die volgende aktiwiteite word binne-skoolverband aangebied:

  • Koor (Junior en Senior)
  • Redenaars (Afrikaans en Engels)
  • Spreekkoor (Junior en Senior)
  • Revue

KULTUURHOOF:

Me. Lizelle Brits

Laer Volkskool se Kultuurkomitee bestaan uit:

  • Sanet Strydom
  • Driena Spykerman
  • Sarita Sprong
  • Chané Ostmann
  • Monica Gildenhuys

KUNSWEDSTRYDE (EISTEDDFOD):

Kunswedstryde word deur die skool gekoördineer.

Erkenning word slegs vir die volgende Eisteddfods gegee, inskrywings kan privaat of deur die skool geskied:

  • Heidelberg Eisteddfod
  • Suikerbosrand Eisteddfod
  • Dell’Arte Kunstefees ( Boksburg/Brakpan)

In ons doel om elke leerder ten volle te help ontwikkel op alle terreine, speel kunswedstryde ‘n belangrike rol in die vorming van die kind se sosiale en emosionele ontwikkeling. Ons poog om soveel moontlik leerders bloot te stel aan dié tipe kompetisie. Leerders kry die geleentheid om in hul ouderdomsgroep in verskeie afdelings met mekaar mee te ding. 

Leerders is self verantwoordelik vir individuele items se inskrywingsgelde. Die skool betaal wel vir groep-items wat kore en spreekkore betref.

Inskrywings vind op vasgestelde datums plaas.  Daar is ‘n afsnydatum vir inskrywings wat deurgegee word. Let wel dat GEEN laat inskrywings aanvaar word nie.  Kunswedstryde vind plaas tussen April en September.

KULTUURAKTIWITEITE buite skoolverband

Leerders wat vir aktiwiteite buite skoolverband, podiumplekke(1ste 2de, 3de) by ‘n geregistreedrde SA-kampioenskappe behaal het, kry spesiale vermelding tydens die bekroningsaand. Leerders moet hulle medaljes, en sertifikate na kultuurkomitee bring.