Die doel van die Seniorkoor is om koorklanke voort te bring op só ‘n wyse dat dit ‘n liefde vir sang en koormusiek by die leerders ontwikkel. Die Seniorkoor streef daarna om ‘n uitstalvenster vir Laer Volkskool te wees en ook om ten alle tye as ware ambassadeurs van ons skool op te tree. Dit is ons strewe om kwaliteit koorsang te lewer.
Die Seniorkoor neem jaarliks aan verskeie kunswedstryde, koorfeeste en ander optredes deel. Die Seniorkoor bestaan uit Graad 4 tot Graad 7 leerders. Leerders moet ‘n oudisie aflê en alhoewel alle leerders aangemoedig word om deel te neem, is suiwer stemme tóg belangrik.
Ons oefen Maandae 14:00-15:00 en Vrydae 06:30-07:30 in die saal .
Dirigent is Meneer Vaughan van Zyl en Begeleidster is Juffrou Sarita Sprong.
Die Juniorkoor bestaan uit Gr. 1 tot 3 leerders. Hierdie koor se doel is hoofsaaklik om kinders die liefde vir sang te leer. Leerders moet ‘n oudisie aflê en alhoewel alle leerders aangemoedig word om deel te neem, is suiwer stemmetjies tóg belangrik. Die koor sing hoofsaaklik nét eenstemmig. Die Juniorkoor neem jaarliks aan verskeie kunswedstryde, koorfeeste en ander optredes deel.
Ons oefen Woensdae 14:00-15:15 in die saal.
Dirigent is Juffrou Carla Benade en Begeleidster is Juffrou Sarita Sprong.