Redenaars dra by tot die vorming van ons leiers vir die toekoms. ‘n Redenaar leer om deur liggaamshouding, stem en taal sy standpunt oor te dra en sy gehoor te oortuig van sy siening. Redenaars vind binne skoolverband plaas.
Laer Volkskool bied dwarsdeur die jaar redenaars aan. ‘n Interne kompetisie vind in die eerste kwartaal plaas waar leerders die geleentheid kry om vir ‘n plek in ons redenaarsspan te praat. Die redenaarsspan neem aan die ATKV redenaarskompetisie, sowel as Interskole deel. Temas vir die kompetisie word vroegtydig gegee sodat leerders aan hulle toesprake kan werk. Die skool maak gebruik van ATKV-beoordelaars tydens redenaarskompetisies. Hier word gepoog om elke jaar ons top-redenaars uit te soek. Die senior leerders word gemotiveer en gelei om navorsing oor ‘n onderwerp te doen en hul eie toesprake te skryf.
Interne redenaars struktuur:
Kategoriee:
In elke kategorie word die top redenaars wat bo 75% behaal het in die skool se redenaarsspan opgeneem.
Affiliasiefooie word deur die skool betaal, maar inskrywingsgelde word deur die ouers betaal. Ouers kan kostes oor twee maande afbetaal.
Inskrywings vir Interskole:
Alle leerders wat in die redenaarsspan opgeneem is kan aan Interskole deelneem. Slegs leerders wat deur die skool ingeskryf is word in aanmerking geneem vir kultuurpunte.
Leerders mag eie spanne vorm om by Interskole en aan Eisteddfods deel te neem. Inskrywings word deur die skool gedoen. Die span se item moet aan die kultuurkomitee voorgelê word voordat die inskrywings gefinaliseer word. Afrigting word deur die kultuurorganiseerder of privaatinstansie gedoen. Indien die span deur ʼn privaatinstansie afgerig word is dit die verantwoordelikheid van die span om ten minste 3 keer vir oefeninge voor optredes by die kultuurorganiseerders uit te kom.
‘n Interne kompetisie vind die eerste kwartaal plaas waar leerders die geleentheid kry om vir ‘n plek te praat. Temas vir die kompetisie word vroegtydig gegee sodat leerders aan hulle toesprake kan werk. Die skool maak gebruik van buitebeoordelaars tydens interne kompetisie. Hier word gepoog om elke jaar ons engelse top-redenaars uit te soek. Spanne word op dieselfde wyse as Afrikaanse Redenaars saamgestel. Leerders wat bo 75% behaal kry dan die geleentheid om by Interskole asook die nuwe sport- en kultuurreeks deel te neem.