SKAAK

Skaak bevorder die ontwikkeling van beide die regterbrein sowel as die linkerbrein. Dit verbeter konsentrasie vermoë asook sosiale vaardighede. Skaak leer jou om die gevolge van jou besluite en optrede te oordink voor jy dit doen.
Dit stel jou bloot aan verskeie sterk emosies en gee jou die geleentheid om te leer hoe om hierdie emosies te hanteer.
 
Skaak het twee bene:
 

1. Skole skaak

Toernooie vind plaas vir individue asook spanne.
Leerders speel by D7 en eerste twee plekke gaan deur na Gauteng..
 

2. Nie-skole skaak

Leerders speel Sedibeng gegradeerde toernooie en kwalifiseer so om in die Sedibeng span opgeneem te word en deel te neem aan die SAJCC.

Skaak Organiseerder:

Monique Venter

AFRIGTERS

  • Monique Venter
  • Ronel Oosthuizen
  • Anneen van Niekerk
  • Danica Smit

AFRIGTING EN TYE:

  • Gr 1 en 2 – Woensdae 13:00-13:45
  • Gr 3 tot 7 – Woensdae 14:00 tot 15:00 – Klaskamer 30