JUNIOR SPREEKKOOR (Kwetterbekkies)
Die Junior Spreekkoor bestaan uit Graad 1 tot 3 leerders. Leerders moet ‘n oudisie aflê, maar alle leerders wat nie plek gekry het in die Juniorkoor nie, word aangemoedig om deel te neem. Oudisies vind plaas nadat die Juniorkoor aangekondig is. Leerders wat plek gekry het vir die Juniorkoor kan nie oudisie aflê vir Spreekkoor nie. Indien ‘n spreekkoorlid meer as 2 optredes mis, sal ‘n spreekkoorlid geen erkenning ontvang nie. Slegs spreekkoorlede wat die hele jaar deelneem kry erkenning. Die spreekkoor neem deel aan kunswedstryde.
OEFENING
Ons oefen Woensdae 13:30 -14:00 in die Mediasentrum
Betrokke onderwysers is Juffrouens Lizelle, Monica en Elrike.