Let asb. daarop dat assessering deurlopend plaasvind gedurende die kwartaal. Vakke wat nie ‘n geskeduleerde toetsdatum het nie, doen take en projekte in die klas. Bykomende take, projekte, opstelle en werkkaarte vorm ook deel van die assesseringspunt wat op die rapport verskyn.
Skriftelike riglyne vir inhoud van toetse word 2 weke voor die vraestelle deurgegee. Leerders ontvang tydens elke periode inligting in die klas watter werk belangrik is om te ken en te leer.