By Laer Volkskool Heidelberg is dit ons missie om elke kind te begelei om sy/haar volle potensiaal te bereik. Ons glo in die krag van ’n gelukkige kind en bou daarom ’n skoolgemeenskap waar elke leerder gekoester word deur liefde en omgee.
Met Bybelse norme en waardes as ons grondslag, streef ons daarna om leerders met dissipline en ’n sterk morele kompas toe te rus—sodat hulle die uitdagings van môre met selfvertroue, verantwoordelikheid en integriteit kan aanpak.
Meld boelie gedrag aan.
Volkies staan op teen boelies, en boeliegedrag het geen plek by Laer Volkskool Heidelberg nie. Indien jou kind geboelie word of jy enige boeliegedrag opmerk, meld dit asseblief onmiddellik aan deur die boelie-vorm in te vul. Jou verslag word vertroulik hanteer sodat ons vinnig en doelgerig kan optree om elke leerder te beskerm.