TENNIS

Alle tennisafrigting word deur privaatafrigters aangebied en moet deur ouers self gereël word.

Leerders wat vir die Gauteng-Noord Tennisliga wil inskryf, moet in die vierde kwartaal aan die tennisuitspele deelneem sodat hulle op ‘n rangleer geplaas kan word vir die daaropvolgende jaar.

Die Gauteng tennisligas word gedurende die eerste en derde kwartaal op Maandae gespeel.

Ons bied ook tennisoefening vir leerders aan wat soggens plaasvind. Slegs tennisspelers wat reeds op die rangleer is, kan hierdie oefensessies bywoon. Hierdie oefensessies skep ‘n waardevolle geleentheid vir die tennisspan om saam te oefen, vaardighede te slyp en as ‘n span te groei.

AFRIGTERS

Afrigting vind plaas deur privaat afrigters in die dorp.

Tennis Organiseerder:

Me. Sarita Sprong

UITSPELE:

  • Donderdae 6:30 – 7:30
  • Tennisuitspele vir spanne begin eerste week in Maart.
  • Graad 4&5 leerders speel uit vir o/11 A en B spanne.
  • Graad 6&7 leerders speel uit vir o/13 A en B spanne.

TENNISLIGAS:

  • Kwartaal 3: Gauteng-Oos Tennisliga
  • Kwartaal 4: Vaaldriehoek Tennisliga

AFRIGTING EN TYE:

Dinsdae en Donderdae 6:30 – 7:30.

  • Slegs vir leerders wat reeds in die oefenspan opgeneem is.
  • Hierdie oefensessies skep ‘n waardevolle geleentheid vir die tennisspan om saam te oefen, vaardighede te ontwikkel en as ‘n span te groei.