Netbal by ons gaan oor baie meer as net wen!
Dis waar nuwe vriendskappe begin, waar jy leer om vir jou spanmaat te skree ‘Mooi so!’ en waar jy ontdek dat jy vinniger kan hardloop as wat jy gedink het.
Netbal by Laer Volkskool leer ons spanwerk, respek en deursettingsvermoë – en ja, soms ook hoe om ná ‘n fout weer op te staan en net aan te hou speel. Dis die plek waar skaam spelers selfvertroue kry en energieke spelers leer fokus.
By ons speel ons nie net netbal nie – ons bou karakter, herinneringe en ‘n liefde vir die sport wat lank ná laerskool bly.
Elke Maandag / Dinsdag en Donderdag vir alle ouderdomsgroepe en spanne.
0/12 A en B * 0/13 A en B
0/11 C/D/E * 0/10 C/D * 0/12C * 0/13 C
0/10 A/B * 0/11 A/B
Netbal Organiseerder:
Mariska Strassburg
0/10 – Juf Clarisa Pretorius / Juf Nicole Jordaan / Juf Leatitia Heyns
0/11 – Mariska Strassburg / Juf Melise Kotze / Juf Suzaan Kotze
0/12 – Juf Duhanè du Plessis / Juf Inge Ambrosius / Tannie Antoinette Koekemoer
0/13 – Juf Louda Badenhorst / Juf Marli Grobler / Juf Elsje Jordaan
13 + 14 Maart
27 – 29 Maart