Revue

‘n Revue word elke derde jaar deur die skool op die planke gebring. Ons doel is om elke leerder die geleentheid te gee om ten minste een of twee keer in hul laerskoolloopbaan deel te hê aan só ‘n groot produksie. Leerders ontvang knopiepunte vir getroue deelname. ‘n Vasgestelde bedrag word gevra om deel te neem. Die kostes word aangewend vir kostuums, dekor, beligting en klankopnames.