By Laer Volksool glo ons dat daar ‘n balans gehandhaaf moet word en dat ons, ons seuns blootstelling aan verskeie geleenthede moet gee. Hokkie leer ons seuns uitstekende dissipline en spangees.
Ons grootste prioriteit by seunshokkie is om ons seuns te help ontwikkel, te ondersteun in hul eie persoonlike groei, om op ‘n gesonde manier sosiaal met hul vriende te kan tyd verdryf en in dieselfde asem pret te hê.
Ons gee graag ons seuns die geleentheid om te ontwikkel en soveel as moontlik kennis op te bou oor Hokkie. Wanneer ons seuns dan in die Hoërskool kom is daar vir hul die geleentheid geskep om ook hokkie te kies as hul buitemuurse aktiwiteit