By Laerskool Volkskool Heidelberg is krieket meer as net ’n sport – dit is deel van wie ons is. Ons hou van krieket en speel dit met entoesiasme en deursettingsvermoë. Met die hulp van ons toegewyde afrigters het krieket ’n sterk en belangrike deel van ons sportprogram geword.
Ons krieketspanne speel elke jaar in streekskompetisies, vriendskaplike toernooie en wedstryde teen ander skole in die omgewing. Deur harde werk en goeie spanwerk wys ons spelers wat hulle kan doen op die veld.
Of dit nou ’n goeie hou met die kolf is of ’n sterk boulbeurt , ons Volkies-spelers speel altyd met hart en gee hul beste. Hulle wys nie net goeie vaardighede nie, maar leef ook sportmanskap, dissipline en trots vir ons skool uit.
By Laerskool Volkskool Heidelberg bou ons nie net goeie krieketspelers nie – ons bou sterk leiers vir die toekoms.
Maandae, Dinsdae en Donderdae: 14:00–15:00
Oefeninge eindig om 15:00 om vergunning te maak vir hokkie.
Krieket Organiseerder:
Mnr Frikkie Le Grange