AKADEMIE

AKADEMIE BY LAER VOLKSKOOL HEIDELBERG

Laer Volkskool Heidelberg is ’n skool wat vir leerders die geleentheid bied om op soveel terreine moontlik deel te neem en te ervaar.

Akademie is enige skool se kernfunksie. Dit is ’n skool se verantwoordelikheid om ons leerders voor te berei vir ’n toekoms wat teen ’n vinnige tempo ontwikkel. Leerders moet voorbereid word vir beroepe wat tans nie eers bestaan nie.

Om onderrig suksesvol toe te pas vir die 21 ste eeu, is dit noodsaaklik vir skole asook personeel om onderrig en opvoeding op ’n totaal ander vlak te benader.

Daarom is Laer Volkskool Heidelberg se personeel en gemeenskap voortdurend besig om die wyse waarop onderwys en opvoeding plaasvind, te evalueer en aan te pas. Vorige onderwys modelle is nie meer van toepassing op onderrig van ons leerders nie. Nuwe vaardighede en strukture moet geskep word om ons leerders voor te berei van ’n tegnologiese wêreld. Lees met begrip, Kritiese wiskundige vaardighede word hand aan hand met Kritiese denke, probleem oplossing, kreatiwiteit, innovasie, kommunikasie- en sosiale vaardighede aangeleer om ons leerders voor te berei vir 2030.

Vaardighede vir 2030
• Tale
• Wiskunde
• Wetenskap
• Tegnologie
• Sosiale Wetenskap
• Ekonomiese Wetenskap
• Lewensvaardighede en oriëntering
• Lees vaardighede
• Waardes