ATLETIEK & LANDLOOP

Atletiek is ’n individuele én spansport wat jou leer van deursettingsvermoë,selfdissipline, respek vir reëls en gesonde kompetisie. Ons glo dat atletiek ‘n belangrike rol speel in die vorming van kinders. Atletiek help leerders om doelwitte te stel, hard te werk om dit te bereik en selfvertroue te bou – op en van die baan af.

By Volkies doen ons atletiek omdat dit elke kind die geleentheid gee om sy of haar unieke talent te ontwikkel, karakter te bou en trots te wees op persoonlike groei en prestasie.

AFRIGTERS:
Graad 1 tot 3: Naellope
  • Juf. Anita Jonk en Juf. Danelle Oosthuizen

Graad 4 tot 7: Naellope en Hekkies

  • Juf. Leatitia Heyns

Graad 4 tot 7: Verspring

  • Mnr. Jason de Kock 

Graad 4 tot 7: Gewigstoot

  • Oom André Meere

Graad 4 tot 7: Hoogspring

  • Oom Henning Snyman

Atletiek Organiseerder:

Mnr. Stiaan van der Hyde

Atletiek Organiseerder:

Leatitia Heyns