LANDLOOP

Ons glo dat landloop ’n belangrike rol speel in die holistiese ontwikkeling van kinders. Deur landloop leer leerders om hul eie tempo te vind, uitdagings met moed aan te pak en nooit moed op te gee nie – selfs wanneer die pad steil en moeilik raak.

Landloop help leerders om realistiese doelwitte te stel, gefokus te bly en stap vir stap vooruitgang te maak. Dit bou nie net fisiese fiksheid nie, maar ook innerlike krag, selfvertroue en karakter – op en van die roete af.

By Volkies doen ons landloop omdat dit elke kind die geleentheid gee om sy of haar unieke vermoëns te ontwikkel. Landloop kweek vasbyt, trots en ’n liefde vir ’n gesonde, aktiewe leefstyl.

Atlete moet aan 3 liga byeenkomste deelneem om te kwalifiseer om deel te neem aan D 7.

AFRIGTERS

  • Tannie Elmien Coetzee-Engelbrecht
  • Me.Duhané Du Plessis
  • Me. Annatjie Griesel

AFRIGTING EN TYE:

14:00 – 15:00 Juf Annatjie en Juf Duhané.

16:00 – 17:00 Tannie Elmien.

Landloop Organiseerder:

Me.Duhané Du Plessis

Landloop Organiseerder:

Me. Annatjie Griesel