Atletiek is ’n individuele én spansport wat jou leer van deursettingsvermoë,selfdissipline, respek vir reëls en gesonde kompetisie. Ons glo dat atletiek ‘n belangrike rol speel in die vorming van kinders. Atletiek help leerders om doelwitte te stel, hard te werk om dit te bereik en selfvertroue te bou – op en van die baan af.
By Volkies doen ons atletiek omdat dit elke kind die geleentheid gee om sy of haar unieke talent te ontwikkel, karakter te bou en trots te wees op persoonlike groei en prestasie.