NETBAL

Netbal by ons gaan oor baie meer as net wen!

Dis waar nuwe vriendskappe begin, waar jy leer om vir jou spanmaat te skree ‘Mooi so!’ en waar jy ontdek dat jy vinniger kan hardloop as wat jy gedink het.

Netbal by Laer Volkskool leer ons spanwerk, respek en deursettingsvermoë – en ja, soms ook hoe om ná ‘n fout weer op te staan en net aan te hou speel. Dis die plek waar skaam spelers selfvertroue kry en energieke spelers leer fokus.

By ons speel ons nie net netbal nie – ons bou karakter, herinneringe en ‘n liefde vir die sport wat lank ná laerskool bly.

AFRIGTING EN TYE:

Elke Maandag / Dinsdag en Donderdag vir alle ouderdomsgroepe en spanne.

0/12 A en B * 0/13 A en B

  • Plek: Heidelberg Public school
  • Tyd: 15:00 – 16:30
    Dogters wat nie vervoer het nie maak gebruik van die bussie wat stiptelik om 14:45 vertrek vanaf busloods. Dogters kan afgehaal word in Voortrekkerstraat 16:40.

0/11 C/D/E * 0/10 C/D * 0/12C * 0/13 C

  • Plek: Laer Volkskool bane
  • Tyd: 15:00 – 16:00

0/10 A/B * 0/11 A/B

  • Plek: Laer Volkskool bane
  • Tyd: 16:00 – 17:15

Netbal Organiseerder:

Mariska Strassburg

AFRIGTERS

0/10 – Juf Clarisa Pretorius / Juf Nicole Jordaan / Juf Leatitia Heyns

0/11 – Mariska Strassburg / Juf Melise Kotze / Juf Suzaan Kotze

0/12 – Juf Duhanè du Plessis / Juf Inge Ambrosius / Tannie Antoinette Koekemoer

0/13 – Juf Louda Badenhorst / Juf Marli Grobler / Juf Elsje Jordaan

TOERNOOI DATUMS

13 + 14 Maart

  • Level up toerooi Curro Hazeldean
  • o/9 tot o/13 A + B spanne

27 – 29 Maart

  • Sportisimo Mutango Lodge
  • o/11 tot o/13 A + B spanne
LIGA BEPALINGS

 

  • 16 April Kollegepark (tuis)
  • 21 April DF Malherbe (weg)
  • 28 April Emfulenipark (tuis)
  • 5 Mei Eligwa (tuis)
  • 19 Mei Midvaal (weg)
  •  26 Mei Risiville (tuis)