Tuis Akademie Kultuur Gallery Kontak ons Advertensies
Laer-Volkskool-Logo-Home
Tuis Ons skool Personeel Ouergids Akademie Kultuur Sport Gallery Kontak ons Sitemap
My-school-logo School-communicator

Ekstra Dienste:


Mariechen Jansen van Vuuren - Arbeidsterapeut
Sel: 082 554 0746
Corne van Niekerk - Sosioloog
Sel: 082 897 8197
Tel: 016 349 6200n/u

Facebook Kontak ons

ʼn Onbekende man het eendag in ʼn uitgelese geselskap die volgende opmerking gemaak.



“Die mense wat in jou huis bly, is veel belangriker as al jou meubels en kosbaarste besittings saam.”


Dit is wyse woorde, veral by Laer Volkskool Heidelberg. Mooiste geboue, oudste tradisies en prestasies is baie belangrik, maar belangriker is die mense wat dit gevorm het, steeds vorm en in die toekoms gaan vorm.


Volkskool kan slegs bestaan as ons kinders gelukkig en gekoester word. Sonder kinders en ouers het geen skool bestaansreg nie. Daarom is dit vir ons by Volkies van kardinale belang dat ouers en onderwysers as ʼn span saamwerk aan ons kinders se toekoms.


Om kinders geleenthede te bied, te leer lees, skryf en reken is ʼn groot gedeelte van ons roeping by Volkies. Om kinders te begelei tot volwasse mense wat in enige gemeenskap ʼn bydrae sal maak, is vir ons net so belangrik as wat leerders die geleentheid moet kry aan sport en kultuur aktiwiteite deelneem.


Wanneer onderwysers en ouers met kinders se toekoms werk, betree ons “Heilige grond”... Dit is in opdrag van God dat ons elke kind die volle geleenthede moet bied waarop hul geregtig is.


By Volkskool poog ons werklik om dit wat ons glo, so uit te leef dat leerders dit kan sien in ons personeel se belewing van elke dag.


KOM ONS DROOM SAAM MET ONS KINDERS ....... MAAR BELANGRIKER KOM ONS LEEF ONS DROME SAAM MET ONS KINDERS.

BOODSKAP VAN DIE HOOF

Kom ons leer ons kinders om van elke dag die beste dag ooit te maak, is om te weet.

Hoof-Piet-Strydom