Gebore uit nood van verslae volk
Op 24 Julie 2003 vier Volkskool sy honderdste verjaarsdag. Ander skole in ons land is ouer, ander skole het ook ‘n interessante geskiedenis van stryd en groei agter die rug, maar die verjaarsdag van Volkskool is ‘n ewenement, ‘n spesiale terugblik waardig, omdat die geskiedenis van min ander inrigtings in ons land so kenmerkend is van die groeikrag van die Afrikaanse gees. Die Volkskool het ontstaan uit die ellende van ‘n verlore vryheidstryd; het gewortel in die begeerte om ‘n aantal weeskinders van gesneuwelde burgers, ‘n lewenskans te gee.
Ons neem ‘n gelukkige kind m.b.v. Bybelse norme en waardes, dissipline en positiewe samewerking na die kruin van sukses!
Ons streef na:
* Kultuur van uitnemende onderwys
* Gesonde finansiele bestuur
* Effektiewe kommunikasie tussen alle vennote
* Optimale bestuur van infrastruktuur
* Effektiewe uitdra van ‘n positiewe, dinamiese beeld
* Algehele ouerbetrokkenheid
Die Volkskool staan in Heidelberg
se ruime hart gebou.
Waar die Suikerbosrand aan die westekant
sy stille brandwag hou.
Trots oorlogsnood en dwinglandy,
gebrek se donker wolk,
was ons ideaal, soos ‘n ligtende straal:
Vrees God en dien jou volk
Die God van onse Vadre sal ons
ook in liefde dra,
waar ons ons verpand vir ons skool,
Volk’ en land,
ons land Suid-Afrika.